Volmaan Omnibus – Troetel, Tande, Nagmonster, Nagvlerke, Voelers (Sagteband, 304 pg, Kinders, 11+) Jaco Jacobs

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Lees meer hieronder.

Jaco Jacobs

R210.00

Available on back-order

SKU: 9780799380798 Categories: , ,

Description

’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander.

’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang.

’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander.

’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg.

En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie.

Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:

– Troetelgedrog

– Tande

– Nag van die monsters

– Nagvlerke

– Voelers