Vrolike Vaaltyn en sy verhale (Kinders – Prenteboeke)

Ontmoet in hierdie vermaaklike boekie die twee klein donkies Vaaltyn en Diktand.

Sandra Krogh Illustreerder: Karen van den Merwe

R120.00

Available on back-order

SKU: 9781920335830 Categories: ,

Description

Ontmoet in hierdie vermaaklike boekie die twee klein donkies Vaaltyn en Diktand. Vaaltyn is die slimste – hy dink soms self so. Maar wanneer hy skrik of iets hom ontstel, laat vat hy met sy ore plat getrek terwyl sy stert stokstyf staan en hy sy oë styf toeknyp. En so beland hy kort-kort KAPLAKS! in die rivier.

Ou Diktand kyk net gewoonlik na dié spulletjie en bly Vaaltyn se beste maat. Al kan hy soms baie lekker lag wanneer Vaaltyn in die verknorsing beland.

Maak ook in Vrolike Vaaltyn en sy verhale kennis met hul ander maats en lees van al hul manewales. Dit is ‘n vrolike boekie vol prettige illustrasies vir voor- of selflees en behoort in ‘n wye verskeidenheid lesers of luisteraars se smaak te val. Die verhaaltjies is oorspronklik deur ‘n ma vir haar kinders uitgedink en vertel.