Description
‘n Dierbare en verrassende avontuurverhaal deur ‘n talentvolle jong skrywer! Tydens haar daaglikse stappie ontdek Colette, ‘n klein hennetjie, die gans, Viviane, se verlore veer en besluit om dit te gaan teruggee. Kort daarna ontdek Viviane op haar beurt ‘n verlore veer. Dit behoort sekerlik aan Gaston, die kalkoen, wat ook ‘n veer verloor het. Maar hoekom waai al hierdie mooi vere die wêreld vol?
Giulia le Roux was maar sewe jaar oud toe sy die storie in Frans geskryf het, en dis in Afrikaans oorvertel deur haar peetpa, Nataniël. Nataniël was so mal oor die boek (die storie asook die fantastiese illustrasies), dat hy besluit het om die boek in Afrikaans en Engels te vertaal. Giulia woon in Frankryk, maar haar Suid-Afrikaanse bande bly lewendig.
Nataniël is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, kunstenaar en skrywer. Hy is ‘n huishoudelike naam en bekend vir sy solo teater-stukke soweel as leefstyl- en kookprogramme op TV.
Juani Scholtz is ‘n talentvolle jong illustreerder van Pretoria.
Ook in Engels beskikbaar, klik hier.