Wêreld van wolwe Boek 1 : Eerste bloed (Tieners) (publikasidatum 15 Desember)

Die weerwolwe wag vir hom …

Fanie Viljoen

R195.00

Available on back-order

SKU: 9780639604039 Categories: ,

Description

“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.”
‘n Fantasieroman vir tieners. Joshua Reinders maak ‘n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ‘n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie …
“Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer.
Die weerwolwe wag vir hom …