HS: Nuwe vintage – Meer as 100 handwerkprojekte en vinnige idees (Paperback, 192 pg) Carla Visser

Hierdie boek bied jou meer as 75 stap-vir-stap-projekte en meer as 25 vinnige idees, met pragfoto’s om ou, ongebruikte voorwerpe in begeerlike juweliersware, dekoritems, skryfbehoeftes, meubels en nog meer te omskep. Leer hoe om met eenvoudige handwerktegnieke, algemene handwerkbenodigdhede en net ‘n bietjie kreatiwiteit unieke voorwerpe te skep wat jy kan dra, vertoon of gebruik. Benewens die stap-vir-stap-projekte gee die skrywer nuttige advies oor hoe om voorwerpe ‘n vintage-voorkoms te gee, waar jy vintage-prente kan kry en idees vir tweedehandse voorwerpe wat jy in jou projekte kan gebruik. Carla se geheim is om die moontlikhede in alles raak te sien. Ma se ou blikke, Ouma se stukkende borsspelde en Pa se versameling sleutels word omtower tot bruikbare, praktiese, pragtige kleinode. Die boek is pragtig geillustreer met besielende foto’s en bevat onder meer: Wenke, gereedskap en truuks; Juweliersware; Flesse, bottels en vase; Dekor; Tekstiele; Muurkuns; Ligte en lanterns; Papier en verpakking; Vir die tuin; Herskepte meubels; Koel kamerdekor vir kinders. In ‘n wereld waar vermorsing en afval dringend bekamp moet word, kan jy gerus aansluit by die immer groeiende groep handwerkers wat kies om iets wat oud is vir iets nuuts te gebruik.

Carla Visser

R250.00

Out of stock

SKU: 9781928201564

Description