Abel se ontwaking (Boek I: Die Abel-trilogie, Feb 2023, Roman, Sagteband, 384 pg) Chris Karsten

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasiedatum 20 Februarie. Neem asseblief kennis dat jou bestelling eers voltooi sal word wanneer hierdie boek beskikbaar word..

Boek I in die Abel-trilogie en die immergewilde Ella Neser-reeks. Lees meer hieronder.

Chris Karsten

R325.00

Available on back-order

Description

Boek I in die Abel-trilogie en die immergewilde Ella Neser-reeks. Op sy kleinhoewe buite Johannesburg bewerk Abel Lotz die velle van klein diertjies om te verruil vir die maskers uit Afrika en tsantsas uit Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag beplan Abel iets besonders. Hy soek ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En hy soek ’n nuwe gesig. Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer Sy het die beste leermeester – kolonel Silas Sauls, boelhond en koppestamper. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, afgesien van ’n vreemde wond op die skouer. Abel Lotz bly die boek se sterkpunt, met daarmee saam natuurlik Karsten se skryfstyl; hy sou selfs ’n telefoongids boeiend kon aanbied. – François Bloemhof, Die Burger