Sale!

Bedoelde land (Paperback, 365 pg) deur FA Venter

Toenemende inmenging deur Brittanje en konflik tussen die Boere and die Zoeloes in Natal laat die vrees ontstaan dat dit ‘n tweede Oosgrens kan word. Is dit werklik die bedoelde land waarna hulle al so lank streef?  Sien hieronder vir meer ….

F.A. Venter

R250.00 R235.00

Available on back-order

Description

Die sekerheid, dink Hendriena ’n bietjie onthuts. Die onaantasbare sekerheid. Vir hom is dit net die nuwe land, die nuwe grond – die nuwe begin – verder niks. Wat sal van hom word as dit ooit geskend moet word?. Dit is Desember 1840 en Rudolf Dreyer en sy gesin is besig om aan ’n nuwe lewe te bou in die Republiek van Natal. Die Trekkers glo dat hulle uiteindelik hulle vrye, onafhanklike staat gevind het. Toenemende inmenging van die Britse regering en konflik tussen die Boere en die Zoeloes in die gebied laat egter die vrees ontstaan dat dit ’n tweede Oosgrens gaan word. Is Natal werklik die bedoelde land waarna hulle al so lank streef?.

Bedoelde land verskyn oorspronklik in 1968 en is die laaste boek in F.A. Venter se gewilde tetralogie oor die geskiedenis van die Groot Trek. Die ander drie boeke in die tetralogie is: Geknelde land,  Offerland, en Gelofteland.