Bloedspoor (Sagteband, 291 pg, Fiksie – Spanningsvehaal) Tinus Viviers

Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur. Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop ‘n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, ‘n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met ‘n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek ‘n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan ‘n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos. Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.

Meer oor die outeur
Tinus Viviers, skrywer van ses titels, het vir 30 jaar in die bankwese gewerk en skryf voltyds na sy aftrede.

Hy woon in Kempton Park, is getroud met Linda en het twee kinders. Hy is ʼn gesinsman en het ʼn groot belangstelling in rekenaars, aandele en die natuurlewe. Daarby is hy ʼn ywerige gholf- en rolbalspeler.

Tinus Viviers

R230.00

Available on back-order

Description