Christine le Roux Keur 6 (Sagteband, 480 pg)

Die perfekte leesstof vir ‘n luilekker middag op die strand of in die bed voor slaaptyd.

Christine le Roux

R265.00

Available on back-order

SKU: 9780798180801 Categories: ,

Description

Skynglans van geluk is die verhaal van Elise, ‘n jong Suid­Afrikaanse skrywer wat al ‘n geruime tyd in Amerika bly en dan inwillig om in ‘n regisseursvriend se nuwe film te speel. Sy is egter onthuts toe sy ontdek dat die manlike hoofrol vertolk sal word deur ‘n bekende filmster vir wie sy nie veel ooghare het nie.

In ‘n Vonk van liefde moet ‘n swanger vrou ‘n nuwe lewe aanpak ná haar man se dood. Sy kry ‘n betrekking as bestuurder van ‘n gastehuis in die Karoo waar die eienaar van die plaas hom onverwags ook ontferm oor haar persoonlike welsyn, veral ná die koms van die baba.

‘n Nuwe begin gaan oor ‘n jong vrou wat ná ‘n ernstige motorongeluk aan geheueverlies ly. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ‘n aantreklike persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

Die perfekte leesstof vir ‘n luilekker middag op die strand of in die bed voor slaaptyd.