Claremont Daisy (Oktober 2023, Sagteband, 232 pg) Willie Hoods

Willie Hoods beskryf in sy roman CLAREMONT DAISY die verhaal van twee jongmense wat oor die kleurgrens heen verlief aak. Ook herinner dit ons aan die donker tye in ons geskiedenis – gedwonge verskuiwings; die ontugwet; paswette; gewelddadige oproer.  Lees meer hieronder.

Willie Hoods

R250.00

Available on back-order

SKU: 9781991256225 Categories: , ,

Description

“My geskiedenis onderwyser sê: ’Soort soek soort.’ Hy sê die verskillende wildsbokke wei bedags saam, maar saans groepeer elke groep afsonderlik saam waar hulle oornag. So bly die rooibokke, die blesbokke en die koedoes bymekaar sonder om met die ander bokke te meng.” “Dit is ‘n baie goeie voorbeeld, ou seun. ‘n Volk moet suiwer bly anders verbaster hulle en beteken dit die einde van daardie volk. Ons groot plan om ons rassevraagstuk op te los gaan nog die wêreld laat regopsit.”

Hierdie was die denke van vele Suid-Afrikaners in die Apartheidera. Willie Hoods beskryf in sy roman CLAREMONT DAISY die verhaal van twee jongmense wat oor die kleurgrens heen verlief aak. Ook herinner dit ons aan die donker tye in ons geskiedenis – gedwonge verskuiwings; die ontugwet; paswette; gewelddadige oproer.

Moet mens weer daaraan herinner word? Besluit maar self of die wêreld na 1994 ten goede verander het.

Dr. Willie Raymond Hoods is in 1936 in Lady Selbourne, Pretoria gebore. Hy het in 1954 as onderwyser by die Eurafrican Training Centre in Johannesburg gekwalifiseer. Hy het as skoolhoof en onderwyser by primêre en sekondêre instellings gedien. Dr Hoods het ‘n BA- en MA-graad in Opvoedkunde (UNISA) en ‘n Doktorsgraad in Filosofie aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Dit titel van sy doktorale proefskrif is: “The Cape Coloured Corp and the Educational Development of the Coloured People of South Africa 1795 to 1977 .” Hy het op verskeie burgerlike en welsynsorganisasies plaaslik en nasionaal gedien. Hy was
ondervoorsitter van die Arbeidersparty van Suid-Afrika en lid van die presidentsraad. Hy het onlangs afgetree as voorsitter van die Gauteng Townships Board.