Description
As plaasseun verstaan hy ook dat almal nie altyd toegang het tot groot winkelsentrums waar elke bestanddeel onder die son beskikbaar is nie. Derdens vir tydsbesparing. Met dié kortpadresepte hoef jy nie vir ure in die kombuis te staan nie.
Tobi beskou homself nie as ‘n chef nie. Trouens hy wil nie eers die gesogte titel koskenner voor sy naam skryf nie.
“Omdat ek myself nie as ‘n kosmeester beskou nie koop ek byvoorbeeld sonder om te blik of te bloos klaar voorbereide skilferkorsdeeg. En met geblikte kos kan jy soms toor en hoekom het hulle ‘n vrieskas in die eerste plek gemaak as jy nie kos mag vries nie”.
Tobi glo kook is ‘n manier van ontvlugting waar jy jouself kan uitleef in ‘n kombuis. En hier deel hy sy passie deur maklike vinnige en bekostigbare geregte.