Die afreis van Abel Lotz (Boek III: Die Abel-trilogie, Feb 2023, Roman, Sagteband, 416 pg) Chris Karsten

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasiedatum 20 Februarie. Neem asseblief kennis dat jou bestelling eers voltooi sal word wanneer hierdie boek beskikbaar word.

Boek III in die Abel-trilogie maak ’n draai in Johannesburg, Brugge en Pakistan. In ’n motelkamer in Bez Valley dui bloed en hare in ’n bad op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide vel in formalien gevind word, weet Ella egter sy is weer op die spoor van die reeksmoordenaar Abel Lotz. Lees meer hieronder.

R325.00

Available on back-order

Description

Boek III in die Abel-trilogie maak ’n draai in Johannesburg, Brugge en Pakistan. In ’n motelkamer in Bez Valley dui bloed en hare in ’n bad op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide vel in formalien gevind word, weet Ella egter sy is weer op die spoor van die reeksmoordenaar Abel Lotz. Abel bevind hom in Brugge, by sy kubervriend Ignaz Bouts. Kort voor lank sit hy sy soektog voort na velle met tatoes vir die omslae van die
tien volumes van sy Kosmiese Reise, nou met Ignaz se hulp. Intussen word ’n Suid-Afrikaanse paspoort gevind aan die liggaam van ’n meesterbrein van Al-Kaïda. Kort daarna word ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel grusaam afgesny. Silas Sauls se moord-en-roofspan het hul hande vol. Iemand wou die man duidelik stilmaak, maar wie en waarom? ’n Meester van die woord en van sy vak . . . Karsten se web is snaarstyf gespan. – JB Roux, Rapport