Sale!

Die Fantastiese Mevrou Smit (Maart 2023, Sagteband) Elizabeth Wasserman

Nou beskikbaar.  “Die Fantastiese (en duistere) Mevrou Smit tref die leser en ’n oënskynlik slaperige plattelandse dorpie soos ’n koevoet. Elizabeth Wasserman se aweregse whodunnit is gelaai met humor, raaisels, egte karakters, en ’n anti-held waarvan jy nie genoeg kan kry nie.” Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-diestuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag ’n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol? Lees meer hieronder.

Elizabeth Wasserman

Original price was: R290.00.Current price is: R99.00.

1 in stock

Description

Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-diestuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag ’n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol?

Maar mevrou Smit is nie ’n lelie wat jy sonder skêr pluk nie. Sy gáán die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel van die dorp se skandes uitpeul nie. Die sterftesyfer styg en sy raak al hoe meer ongewild. Haar skerp tong spaar nie eens die dokter met die mooi blou oë nie.

Want sien, sy is ’n vrou met ’n donker verlede. Wat sy met los klere, gemaklike skoene en natuurlike, grys hare probeer verbloem. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.

DIE OUTEUR:
Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaat praktyk en het haar skrywersloopbaan begin met die gewilde kinderboekreekse Speurhond Willem, Anna Atoom en ook die Elf dae-reisavonture vir tieners. Sy het al ’n toekenning van die Suid-Afrikaanse akademie vir wetenskap en kuns, die mer-prys en ’n atkv-Woordveertjie vir haar boeke ontvang. Sy woon en werk in Kaapstad.