Die getuienis – ‘n mens bevraagteken nie sy wil nie, nooit nie (Sagteband, 192 pg) Francois Smith

Van die skrywer van Kamphoer.

Gerbrand en Retha is verbonde aan ’n fundamentalistiese geloofsgroep buite Naboomspruit wat letterlik volgens Die Woord leef, en hul geloof rig dus al hul besluite. Wanneer hulle genooi word om te kom deelneem aan ’n seminaar op Ventershoop, is daar nie twyfel by
Gerbrand en Retha nie: dit is ’n opdrag van God. En Hy sal sorg dat hulle veilig in Ventershoop kom, en die geleende Ford Figo van petrol voorsien. Maar dan, ten spyte van sy skynbare onwrikbare geloof, ontstaan daar ’n groot worsteling by Gerbrand. Dit is iets waarvan hy nie sommer kan vergeet nie. En ook nie iets wat hy nie met sy geloof kan versoen nie.

’n Aangrypende en menslike roman met karakters wat dikwels baie verskillend reageer op gebeure – die motiverings vir hul optrede word eerlik dog sensitief ontgin.

Francois Smith

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780624092353 Categories: , , ,

Description