Die Goeie Suster (Sagteband, 304 pg) Henda Olivier

Henda Olivier

R300.00

Available on back-order

SKU: 9780639605456 Categories: ,

Description

Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg … Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie. Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou. Die goeie suster is ʼn baie sterk debuut binne domestic noir met ʼn onbetroubare verteller en ʼn onverwagse wending teen die einde. Hierdie keer is rolle omgeruil: Die vrou is die een wat die obsessie met ʼn manlike objek ontwikkel. Die verhaal speel op emosionele vlak met die leser; jy sal voortaan twee maal dink oor “toevallige” ontmoetings of vriendskappe.