Die Kleinste Ramp Denkbaar (Sagteband, 312 pg) Francois Smith

Op die oog af is dié roman ‘n storie oor ‘n goeie dokter en ‘n slegte polisieman. Want ‘n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ‘n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ‘n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ‘n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë – maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde?

Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ‘n hoogs gekultiveerde wit man.

Francois Smith

R310.00

Available on back-order

SKU: 9780624089988 Categories: , , ,

Description