Die laaste kanariegeel notaboek (Mei 2023, Sagteband, 288 pg) Anchien Troskie

Nou beskikbaar.  Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van die blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie verhaal. Lees meer hieronder.

Anchien Troskie

R325.00

Available on back-order

Description

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by die Pienk Paleis, ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Noudat beide haar ouers oorlede is, en haar broer en sy vrou die boerdery op Blesbokfontein oorneem, is dit beter dat sy haar eie potjie in die stad begin krap. Sy word as boekwinkelassistent aangestel en kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart – op die beroemde skrywer Louis Feldtsmann.

Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van die blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie verhaal.

’n Hoogs meesleurende roman oor die geheime tussen ’n ma en haar twee dogters, ’n man en sy vrou.