Die melkweg en die miskruier (Oktober 2023, Sagteband, 330 pg) Jeanette Ferreira

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ‘n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra.  Lees meer hieronder.

Jeanette Ferreira

R330.00

Available on back-order

SKU: 9780624094630 NB Categories: , , Tag:

Description

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ‘n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra. Sy het egter nie ‘n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ‘n plek nie. In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ‘n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het. ‘n Raps meer as ‘n eeu gelede is haar ouma Henrietta ook inderhaas terug Donkerhoek toe om weg te kom voor die Groot Griep wat tydens die Eerste Wêreldoorlog ‘n doodskleed oor die mensdom uitgesprei het. Toe en nou het die mensgemaakte virus van mag en geweld in ieder geval reeds hier gemaai. In die stilte van klip woon eeue se kennis en pyn.