Die miskruier en die maan (Sagteband, 264 pg, roman) Carié Maas

Dis een ding om jou jop te verloor omdat jy as vennoot jou voet neergesit het oor ’n verdagte staatskontrak. En nog een dat die Gladdejan vir ’n baas sy oog op jou vrou het. Maar dan wil hulle jou boonop melk vir ’n laaste argitekstekening vir ’n opkomende magnaat.

Argitek Karel Nel deins nie terug vir die Soedan nie, net so min as wat hy kleintyd vir donshael in sy sitvlak geskrik het, en die Nubiërs se verbluffende kultuur sou selfs ’n heerlike uitdaging vir sy skaalliniale kon wees.

Maar hy het ’n verrassing vir wie ook al dink hy gaan net weer almal uit die gemors help.

Hy is ’n man van daad. Hy onderneem reise op soek na sy wortels en om sin te maak van sy hede, maar eintlik om die speelsheid in sy huwelik te herwin. Ná uitmergelende en onsuksesvolle vrugbaarheidsbehandelings en spanning by hul gesamentlike werk is die romantiek by die agterdeur uit.

Dis ’n lekker eietydse roman, slim en humoristies met kreatiewe, hardkoppige karakters en allerlei interessanthede oor antieke kulture en kuns.

OOR DIE OUTEUR

Carié Maas woon en werk in Johannesburg, in die finansiëledienstebedryf. As vryskutjoernalis publiseer sy rubrieke, reis- en ander leefstylartikels. Sy het twee sakeboeke geskryf, Jannie Mouton: En toe fire hulle my, wat ook in Engels vertaal is en Famous Brands: From Corner Café to JSE Giant. Haar debuutroman, Koljander, het in 2012 die debuutafdeling van NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd gewen en is in 2014 vir die Jan Rabie-Rapportprys benoem.

Carié Maas

R265.00

Available on back-order

SKU: 9781485312574 Categories: , , ,

Description