Die Ompad Terug – het Janine nou werklik tuisgekom? (Afrikaans, Paperback, 256 pg) Helena Hugo

Deur die skrywer van Papierblomme en Onthou My.

Ná ouma Leen en oupa Koen se dood besef Jessie dat sy en Janine nie langer op die Weskus sal kan oorleef nie. Sy kry werk in Roodepoort en oortuig Janine om saam te gaan met die belofte van ’n nuwe toekoms.

Janine belowe Bennie dat sy eendag na hom toe sal terugkom. Die nuwe omgewing is alles behalwe gemaklik en hulle is finansieel nog slegter af. Janine se egskeiding word op die langebaan geskuif. Hul lewe verander drasties as die meenthuis se geiser ingee, die Oosthuizens langaan intrek en Werner Hougaardt, die eienaar van die meenthuis vir Janine begin ruikers stuur.

’n Dag se uitstappie saam met Werner bring twyfel in haar hart oor Bennie. So ’n ryk man sal beter as Bennie kan sorg. Jessie se ou studentevriend daag op en Werner se ware motiewe word oopgevlek. Friedrich se dogter, Christine, bied aan om Janine se saak pro bono te doen.

Huweliklokkies lui vir Jessie en Friedrich en Bennie daag onverwags op om Janine weereens van sy liefde en trou te verseker.

Helena Hugo

R245.00

Available on back-order

Description