Die OOP Gesprek – N.P. Van Wyk Louw Gedenklesings (Afrikaans, Paperback, 485 pg) Ed, Willie Burger

Hierdie N.P. van Wyk Louw-gedenklesings wat oor byna ‘n kwarteeu aan die Universiteit van Johannesburg (die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit) gelewer is, vorm ‘n aanvulling tot Oopgelate kring – die eerste tien Louw-gedenklesings wat in 1982 verskyn het – en is ‘n belangrike naslaanbron oor Louw se werk. Die titel is ook ‘n historiese dokument, ‘n dokumentering van Louw se invloed oor die afgelope kwarteeu. Met Die oop gesprek word hulde gebring aan N.P. van Wyk Louw by die herdenking van sy 100ste geboortejaar. N.P. van Wyk Louw troon bo sy tydgenote en nakomelinge uit as digter van wereldformaat, maar ook as intellektueel, iemand wat die spannings en verwikkelings van sy tyd beliggaam en daaraan rigting probeer gee het.

Ed, Willie Burger

R180.00

Available on back-order

Description