Sale!

Die Tint van ons Toekoms – Padlangse Geprekke Oor Psalms (Sagteband, 256 pg) Johan Cilliers

Die Psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God toe opstyg. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hulle hart voor God uit. Maar God praat ook daarin sy hart teenoor ons uit. In ‘n sin is dit ‘n gesprek van hart tot hart, ‘n gesprek waarin mense die ruimte gegun word om die hele spektrum van hulle menslike emosies na God te bring, maar ook ‘n gesprek waarin die hart van God oopgemaak word. Dit draai, soos min ander Skrifgedeeltes, veral die menslike kant van God se gesig na ons toe. Dit bied ‘n dwarssnit deur die menslike hart, én ‘n dwarssnit deur God se hart.
Prof. Johan Cilliers is ‘n bekende skrywer van vele boeke wat praktiese kwessies oor geloof aanspreek. Die boek is in drie dele verdeel wat ons lewenservaring as verwonding, verwondering en verwagting aanspreek. Die tint van ons toekoms vervul ‘n mens met verwondering en verwagting want ons weet: ons toekoms is met lig getint.

Johan Cilliers

Original price was: R300.00.Current price is: R150.00.

1 in stock

Description