NV: Die Troebadoer (Sagteband, 264 pg) Marie Heese

Die ou koning van die eilandkoninkryk het gesterf en Theodorus, die seun van ’n jonger broer van die koning, het ná ’n jare lange burgeroorlog die troon gegryp. Estrella, die wettige troonopvolger, en haar seun, Edrik, het gevlug. Hoewel die oorlog verby is, regeer die nuwe koning deur middel van die swaard. Oral is soldate en padblokkades waar tolgeld betaal moet word. Die godsdiens van die Moederheer word verbied en alle kloosters is gesluit. Die helfte van boere se oes word opgeëis. Terwyl die volk in die maerte in belas word, is die koning en sy gunstelinge spekvet …

Die troebadoer word in ’n siekeboeg wakker. Sy een oog en ’n paar vingers aan sy regterhand makeer. So ook sy geheue. Hy word versorg deur ’n sproetgesignon van die Moederheer se kaalvoetorde. Toe hy sterker is, stop sy hom ’n luit in die hand en raai hom aan om in die pad te val, want as hy teen koning Theodorus geveg het, is sy lewe min werd. Hy besef dat hy die luit selfs met sy ontbrekende vingers uitstekend kan bespeel en probeer as rondreisende troebadoer ’n dagloon verdien. Dan sluit ’n gehawende hond by hom aan en op sy pad na die ooste van die eiland word die geselskap algaande groter. Maar wat lewer die troebadoer se terugkerende geheue op en wat vind hulle op pad? En wat is die noodlot waarheen hulle almal reis?

Dis nie soseer fantasie nie, eerder allegorie. Universeel en tydloos, menslike hartstogte is herkenbaar, vergrype oorbekend en die karakters kry lewe. Hier is by uitstek ’n storieverteller aan die woord. – Deborah Steinmair

Sien skrywerinligting hieronder ….

Marie Heese

R295.00

Available on back-order

Description

OOR DIE OUTEUR

Marié Heese woon in Stilbaai en die Klein Karoo. Sy is veral bekend vir Die uurwerk kantel wat vir die eerste keer in 1976 verskyn, en in 2006 en 2015 as klassieke werk herdruk is. Voorts is sy ook die outeur van bekende kinder- en jeugverhale soos Die Pikkewouters van Amper-Stamperland (eerste druk in 1974, heruitgawe in 2008) en Karoo-kantate (2013). Sy publiseer drie Engelse historiese romans, onder meer The Double Crown wat in 2010 bekroon is met die Statebondsprys vir beste boek in Afrika. Haar roman oor die keiserin Theodora van Bisantium, The Colour of Power, is in Turks vertaal en het die langlys gehaal vir die Wole Soyinka Prize for Literature in Africa, waarvoor daar 402 (Engels- en Franstalige) inskrywings was uit 26 lande. Die opvolgroman, A Triple-headed Serpent, verskyn in 2012In 2013 verskyn Heese se eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, die eerste prehistoriese roman in Afrikaans, Vuurklip. Haar roman oor die vormingsjare van die kunstenaar Gianlorenzo Bernini, met die titel Maestro, verskyn in 2016. Verskeie van haar kortverhale is in versamelbundels opgeneem. Tans word die moontlikheid ondersoek om Haiku for Africa,’n bundel haikoes wat in 1997 by Unisa verskyn het (heruitgawe in 2014), in Duits en Japannees te vertaal. In 2019 verskyn ook die opvolgkinderverhaal Peter Pan en Laurie in Afrikaans en Engels by Protea.