Sale!

Die Uurwerk Kantel (Afrikaans, Paperback, 267 pg)

‘n Grootse verhaal met hartklop, senings en spiere; ‘n roman van herinneringe wat in die dertig jaar sedert dit van die eerste keer verskyn het, die gunstelingwerk van menige leser geword het.  Kyk hieronder vir meer inligting …

Marie Hesse

R180.00 R168.00

Available on back-order

Description

In hierdie meesterlike herinneringsroman, kyk die hoog bejaarde Maria du Preez, gebore Celliers, terug na al die dinge wat met haar gebeur het, al die mense wat haar lewenspad gekruis het en die groot politieke gebeure wat die agtergrond vorm van die klein lewe van gewone mense. Herinneringsgrepe uit haar lewe vertel ’n gesinsverhaal wat oor vier geslagte strek. In die dertig jaar sedert hierdie roman vir die eerste keer verskyn het, het dit die gunstelingwerk van menige leser geword. Marie Heese se karakters leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome kan vereenselwig. En waar daar raakpunt met die hoofmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aangesny word – die Tweede Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die twee wereldoorloe, die politieke stryd rondom ’48 – word dit met kundigheid en insig gedoen.