Die Voortvlugtige (Sagteband, 260 pg) TERRI BLACKSTOCK

Casey Cox se DNS is oral op die misdaadtoneel. Dit help nie sy praat met die polisie nie; hulle het haar al vantevore in die steek gelaat. Sy moet vlug voordat sy gearresteer word … of nog erger. Die waarheid maak nie meer saak nie.
Maar wat ís die waarheid? Dié vraag spook by Dylan Roberts, die oorlogsmoeë veteraan-soldaat wat gehuur word om Casey te soek. Post-traumatiese stresversteursing maak hom ongeskik vir polisiewerk, maar as hy Casey terugbring, kan dit in sy guns tel. Alhoewel die misdaadtoneel oënskynlik die hele verhaal vertel, maak al die besonderhede nie mooi sin nie. Casey Cox lyk nie soos jou tipiese moordenaar nie. Maar as sy nie skuldig is nie, waarom het sy gevlug?
Om haar verlede en die verdoemende bewyse teen haar te ontrafel verg meer tyd as wat Dylan het. Maar namate hy haar leer ken, word hy gekonfronteer met twee keuses: Die meisie wat elke oomblik sy gedagtes vul, is ’n psigopatiese moordenaar … of ’n selfopofferende heldin. En die waarheid kan dalk die dodelikste wapen nog wees.

TERRI BLACKSTOCK

R230.00

Available on back-order

Description