Die waarde van stil bure (Sagteband, 272 pg) Zelda Bezuidenhout

Deur die skrywer van Die dekonstruksie van Retta Blom.

“’n Gevaarlike vreesloosheid tree in as die ergste ding wat in die lewe met jou kán gebeur, reeds gebeur het.”

Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak.

Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien?

Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.

Zelda Bezuidenhout

R280.00

Available on back-order

SKU: 9780795710308 Categories: , , ,

Description