Disteltyd (Sagteband, 112 pg, Poësie) Marlise Joubert

Met haar nuutste bundel, disteltyd, neem die digter Marlise Joubert bestek op haar lewe; die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld. Dit is gedigte met ‘n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur ‘n introspektiewe, selfs nostalgiese, toonaard. Soos die distel as onkruid ‘n saadpluim lewer wat lig, dartelend en lieflik is, is hierdie gedigte ook. Disteltyd is ‘n bundel wat weens die geskakeerdheid daarvan ‘n belangrike bydrae lewer tot die steeds groeiende korpus van laatwerke; gedigte wat meestal ontroer weens die menslikheid en humor daarin verwoord, maar terselfdertyd ook die leser konfronteer met die maatskaplike onregte kenmerkend van ons tyd.

OOR DIE OUTEUR
Marlise Joubert debuteer in 1971 met die digbundel ‘n Boot in die woestyn. Sy het in haar leeftyd drie romans gepubliseer: Klipkus, Oranje Meraai en Ateljee van glas. Klipkus het in Nederlands verskyn as Rode granaat (1981). Sy skryf ook verskeie radiodramas en is vier keer bekroon in die RSG/Sanlam-radiodramakompetisie. Verder is sy die samesteller van In a burning sea, ‘n bloemlesing met 30 Afrikaanse digters se verse wat in Engels vertaal is. Haar agtste digbundel, bladspieël, verskyn in 2015 en word genomineer vir die Elisabeth Eybers Poësieprys, asook die ATKV Woordveertjie vir Poësie. Haar bundel, grondwater, is in 2020 met sowel die ATKV Woordveertjie vir Poësie as die Suid-Afrikaanse literêre toekenning vir digkuns (SALA) bekroon. Sy was vir tien jaar lank die webmeester van Versindaba tot einde 2019 en het ook in die tyd verskeie kinderboeke vertaal. Sy skryf en skilder tans voltyds.

Marlise Joubert

R220.00

Available on back-order

SKU: 9781485312598 Categories: , , ,

Description