Donkerdrif (Sagteband, 448 pg) Deon Meyer

Iemand skiet vir adjudant-offisier Milo April by die Kaapse Waterfront. Koelbloedig, helder oordag, ‘n teregstelling. Is ‘n senior SAPD-offisier daarvoor verantwoordelik? En hou dit verband met geheimsinnige briewe wat die geskorste Valke-speurders Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het? Met ondertone van nóg Staatskaping-onheil?
As hulle dit kan ontrafel, is hul loopbane gered, hul status herstel. Maar hoe ondersoek jy ‘n saak in die geheim, met jou hele toekoms op die spel as jy uitgevang word?
Terwyl jy boonop jou tyd moet mors met ‘n studentjie op Stellenbosch wat ná ‘n naweek se gefuif tussen neus en ore verdwyn het? En die aapstreke tussen Jasper Boonstra, die super-ryk, alom-berugte korporatiewe swendelaar, en die sensuele, desperate eiendomsagent Sandra Steenberg.
Jy doen maar wat hy altyd doen as jy Griessel en Cupido is. Bek hou, kop hou, aanhou. Terwyl jou base raas en die media onmenslike druk op jou sit. En jy stadigaan besef dit is die donkerste drif wat agter dit alles sit.
Gierigheid.

Deon Meyer

R345.00

Available on back-order

SKU: 9780798181662 Category:

Description