Description
Kleinboer (Fanie de Villiers) het aan die Oos-Rand grootgeword, in Pretoria studeer, en woon in Yeoville, ’n Johannesburgse woonbuurt wat beter dae geken het. Hy het in die rekenaarbedryf gewerk voor die geskrewe woord hom getrek het.
Terwyl hy vir verskeie koerante en tydskrifte as taalversorger gewerk het, het hy drie romans en ’n digbundel geskryf. Sy tweede digbundel, erf en elders, verskyn in Julie 2023.