Geheim van die gruwelsand (Maart 2023, Roman, Sagteband, 288 pg) Zirk van den Berg

Nou beskikbaar.  ‘n Skop-skiet-en-wonderstorie. Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib.  Lees meer hieronder.

Zirk van den Berg

R320.00

Available on back-order

SKU: 9780795710346 Categories: , , Tag:

Description

Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib.  En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel hier laat in 1942 te kampe het nie. Nie as die Nazinavorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens in hom ontlok? Geheim van die gruwelsand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: skop-skiet-en-wonder, wetenskapfiksie, geskiedkundig en griller, met ’n sterk streep romanse.

Oor die skrywer: Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna ’n roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans én
Engels. Sy roman Ek wens, ek wens is met die WA Hofmeyr-prys asook twee KykNET-Rapportpryse bekroon.