Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback) Rudie van Rensburg Reeks: Hans Steek Die Rubicon Oor, 2

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ‘n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.

Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ‘n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!

Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Rudie van Rensburg

R265.00

Available on back-order

SKU: 9780795802324 Categories: , , Tag:

Description