Herrie Op Die Ou Tremspoor (Afrikaans, Paperback, 121 pg) deur CJ Langenhoven

Sagmoedige Neelsie se lewe word hierdie keer nie deur die bure  versuur nie, maar deur Vroutjie. Herrie word weer voor die trem ingespan en die hele familie sit af na Meiringskloof, met etlike bewonderaars agterna.  Kyk hieronder vir meer inligting …

C. J. Langenhoven

R150.00

Available on back-order

Description

Sagmoedige Neelsie se lewe word weereens versuur – hierdie keer nie deur die bure nie, maar deur Vroutjie, wat nou maar net nie kan verstaan hoekom hy nie ’n vaste werkie wil kry nie.

En so saam met Vroutjie se knaende klagtes kom daar nog slegte nuus: die Universiteit van Stellenbosch het besluit dat ’n man van Neelsie se geleerdheid sekerlik te vinde sou wees vir ’n reeks lesings oor onderwerpe wat begin by toe Adam nog ’n opgeskote jongeling was (Egiptelogie, Assiriologie, die Homeriese probleem) en aanloop tot by die verdere uithoeke van die wetenskap (Moderne Kosmogonie en so ietsie oor Einstein se teorie) …

Neelsie se enigste hoop is maar om êrens in afsondering te gaan studeer aan al die hogere dinge, met die gevolg dat Herrie weer voor die trem ingespan word en die hele familie weer afsit na Meiringskloof, met etlike bewonderaars in tou.