Description
Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders. In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee. Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.
Die skrywers ignoreer nie die realiteite van Suid-Afrika nie, maar met die lees van die essays word die leser daaraan herinner dat die foute van die verlede gebruik kan word om beter besluite in die toekoms te neem, dat daar heelwat is wat die moeite werd is om te vier, te onthou en te bewaar in die land, en die mees belangrikste: dat daar baie redes is om in hierdie land te bly.
In ’n tyd van wêreldwye pessimisme en uitsigloosheid, bied die bundel ’n hoopvolle perspektief.
Vir volwasse lesers wat hou van sketse. Die uiteenlopende onderwerpe in die bundel sorg dat baie mense daarby aanklank sal kan vind.
OOR DIE OUTEUR
Nicol Stassen skryf die voorwoord. Van die skrywers wat ingesluit is in die bundel: Louis Esterhuizen, Frederik de Jager, Menán van Heerden, Anzil Kulsen, Johan Badenhorst, Michèle Meyer, Richard van der Westhuizen, Réney Warrington, Wessel Pretorius, Elsabé Brits, Wendy Maartens, Marié Heese, Sureta Strydom von Holtzhausen, Hennie van Deventer, Helena Gunter, Riana Scheepers, Cas Wepener, Daniël Lötter, Gielie Hoffman, Gerda Taljaard, Ronelda S. Kamfer, Julio Agrella, Andries Bezuidenhout, Marius Crous, Daniel Hugo, Carié Maas, Charles Smith, Deborah Steinmair, Angus Taylor, Fransjohan Pretorius, Lien Botha, Carina Stander, Jo Prins, Emile Joubert, Madeleine Barnard, Johan Jack Smith, Riku Lätti, Veronique Jephtas, Hans Pienaar, Theo Kemp, Renée Rautenbach Conradie, Erika Murray-Theron, Tom Dreyer, Ena Jansen, Marida Fitzpatrick, Johann Roussouw, Johann Lodewyk Marais, Emma Bekker, Beer Adriaanse, Lochner de Kock, Natie Engelbrecht, Joan Hambidge, Kabous Meiring, Desmond Painter, Alwyn Roux, Jan Barend Wolmarans