HS: Doen mosaiek – Ontwerp, tegnieke & projekte (Paperback, 110 pg) Dorothy du Plessis

Speel jy al ‘n ruk lank met mosaiekwerk, maar voel jy moet dit nou op ‘n hoer vlak beoefen? Of is jy ‘n beginner wat soek na ‘n uitdaging? Dan is hierdie boek net wat jy nodig het. Dit bied mosaiekwerk aan as ‘n kunsvorm waar lyn, kleur en tekstuur almal saamwerk om pragtige resultate te lewer. Die treffende foto’s op elke bladsy is inspirerend en leersaam. Die skrywer, wat oorspronklik ‘n tekstiel ontwerper was, besef hoe belangrik die keuse van ‘n ontwerp is wanneer jy ‘n mosaiekprojek wil onderneem. Hierdie boek sal jou leer hoe om die regte ontwerp te kies en dit as ‘n ontwerptekening weer te gee. Die tegniese inligting wat verskaf word, sal jou lei deur die proses om ‘n ontwerp te kies, jou leer van die verskillende teels wat beskikbaar is, oppervlakke waarop jy kan werk en watter vir bepaalde toestande gebruik moet word, die materiaal en gereedskap wat nodig is, sowel as die verskillende mosaiektegnieke wat vir die voltooiing van jou projek gebruik kan word. Daar is selfs voorstelle vir alternatiewe as benodigdhede in jou omgewing moeilik bekombaar is. Die stap-vir-stap-projekte is pragtig en kan presies gevolg word, maar die skrywer moedig mosaiekwerkers aan om die projekte hul eie te maak deur met kleur en tekstuur te speel. Die projekte sluit groot en klein items in wat jy in jou huis of as geskenke kan gebruik, en gee alternatiewe voorstelle en idees ingeval jy ‘n ander voorkoms of gevoel sou verkies. Mosaiekkuns behels soveel meer as die blote plasing van teels langs mekaar, en met Doen Mosaiek in die hand sal jy ontdek hoe geweldig bevredigend hierdie handwerkvorm kan wees.

Dorothy du Plessis

R250.00

Out of stock

SKU: 9781928201526

Description