HS: Kreatiewe Kombinasies In Eietydse Tuine (Paperback, 144 pg) Louise van Rooyen, Suzette Stephenson

In hierdie boek wys twee kenners jou hoe om dit reg te kry, met honderde voorbeelde uit tuine van regoor die land. Dit wys jou dat ‘n tuin basies ‘n kombinasie is van kleur, vorm, tekstuur en groeiwyses – in wese ‘n kombinasie van kombinasies. Leer hoe om plante te kombineer wat mekaar aanvul en hul eie harmonie skep en hoe om plante en elemente te kombineer vir enersheid, of vir andersheid. Deur uitgesoekte plante en elemente saam te gebruik, skep jy ‘n prentjie wat mooier, treffender en meer skouspelagtig is as wat elk van die gekombineerde elemente individueel sou kon doen. Die skeppende omvang van kombinasiemoontlikhede kan nie gekwantifiseer word nie – as jy jou ‘n kombinasie kan voorstel, kan jy dit skep. In Kreatiewe kombinasies word in vier kategoriee na kombinasies gekyk: kleur, vorm en groeiwyse, tekstuur en die tuin en plante se spesifieke omgewing. Daar is meer as 230 foto’s om jou te bekoor en inspireer en al die nodige inligting om slim en vindingryk met kombinasies te werk. Vergroot jou tuin se trefkrag deur die beste moontlike gebruik van die kombinasies daarin.

Louise van Rooyen, Suzette Stephenson

R220.00

Out of stock

SKU: 9781928201298

Description