Sale!

HS: Loodglaskuns – Eietydse loodglaskuns projekte vir jou huis (Paperback, 144 pg) Gail Brown, Jacqui Holmes

Die inleiding beskryf al die materiale en toerusting, die soorte glas en veiligheidsmaatreels, en word gevolg deur stap-vir-stap-tegnieke en wenke oor die natrek en uitsny van patrone, slyp- en foeliewerk, hoe om die stukke saam te stel, soldeerwerk, vertinning en die aanwending van patina. Die wye reeks projekte – in tradisionele en kontemporere style – sluit lampkappe, kershouers, bewertjies, rame, muurhorlosies, spieels en nog vele meer in. Die eerste paar projekte word geillustreer met gedetailleerde stap-vir-stap-foto’s om die grondslag neer te le vir die daaropvolgende projekte waarin meer spesifieke besonderhede uitgelig word. Al die items in die boek – hetsy dit eenvoudig of meer uitdagend is – beeld die wonderlike verskeidenheid glas wat deesdae beskikbaar is pragtig uit. Met die puik kleurfoto’s van al die voltooide items, tegniese wenke regdeur die boek, foto’s uit die studio met uitgebreide byskrifte vir ekstra inspirasie, en patrone vir die projekte is hierdie boek in moet vir elke handwerker.

Gail Brown, Jacqui Holmes

R89.00

Available on back-order

Description