Sale!

HS: Swiets (Sagteband, 128 pg) Simone Balman

Daar is tans ‘n groot herlewing in tuisgemaakte en handgemaakte produkte. Mense beweeg weg van ‘fabrieksgoed’ en keer terug na die smake en geure van hul kinderdae. Hierdie boek is ‘n ontdekkingsreis na die wereld van toeka se lekkergoed – onder die resepte is vele ou gunstelinge asook party wat herontdek is of geskep is deur ‘n kombinasie van retro-geure. Waar moontlik is die gees van die oorspronklike lekkergoed behou, maar daar is ook ‘n paar nuwe interpretasies vir die moderne kok. Dit is wat die boek bied: Noodsaaklike inligting oor toerusting, benodigdhede en tegnieke; Hope wenke en praktiese raad; Meer as 50 flatervrye resepte vir toffies, tameletjie, fudge, gevulde sjokolade, truffels, malvalekkers, nouga, suigstokkies, jellielekkers en veel meer; Idees vir versiering, en verpakkingsvoorstelle. Hier is genoeg besonderhede om ‘n beginner aan die kook te kry en heelwat nuwe idees om gesoute lekkergoedmakers te inspireer. Die manjifieke foto’s van die verskillende lekkergoed sal jou vir seker laat kwyl en aanspoor om die suiker aan die kook te kry.
Of jy hierdie soete verleiding vir vriende en familie maak of om by handwerk- en plaasmarkte te verkoop, hierdie boek sal jou help om sukses te smaak. Almal verdien mos nou en dan ‘n soetigheidjie.

Simone Balman

Original price was: R220.00.Current price is: R89.00.

Available on back-order

Description