Sale!

In die skadu van Paarlberg (Omnibus, Sagteband, 497 pg) Elsa Winckler – duplicate

Drie van Elsa Winckler, wat al vier keer die ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen het, se gewildste liefdesverhale wat voorheen afsonderlik verskyn het. Die verhale (Om Amelie se tafel, Liefde in laslap en Liefde deur ’n lens) gaan oor drie weeskinders, Amelie, Natalie en haar broer Francois, se pad om ware liefde te vind. Lees meer hieronder.

Elsa Winckler

Original price was: R320.00.Current price is: R295.00.

Out of stock

Description

Om Amelie se tafel
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy’t ‘n bietjie bagasie – en wie het nogal nie? Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie ‘n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy’t ‘n groot, luide familie – presies die soort wat sy so graag om ‘n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood – is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy’s net té veel moeite?

Liefde in laslap
Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is ‘n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ‘n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

Liefde deur ‘n lens
Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel – en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar?