Katvis (Mei 2023, Sagteband, 248 pg, Fiksie, Romans) Annelie Botes

Nou beskikbaar. Ná twaalf jaar is die skrywer van Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind en Thula-Thula terug met ‘n nuwe roman. Katvis is ’n aangrypende, skokkende en meesleurende verhaal oor ’n vrou wat in die kloue van ’n psigopaat beland. Katvis gaan lesers opnuut onder die indruk bring waarom Annelie Botes ‘n storieverteller sonder gelyke is. Lees meer hieronder.

Annelie Botes

R300.00

Available on back-order

SKU: 9781776095360 Categories: , , Tag:

Description

Na ‘n huwelik van twaalf jaar wat sy aan Gerhardus se magsbeheptheid en seksuele sadisme onderwerp was, het Maria genoeg gehad. Op 10 April 2022 verlaat sy die Baai met net haar handsak, ‘n koffer en haar viool in die kar. Sy wil die deur finaal toetrek op ‘n lewe van aftakeling, perversie en die dreigemente waarmee Gerhardus haar sedert hul egskeiding aanhou teister.

Nie eens haar ma, Selina, weet waarheen Maria op pad is om ‘n nuwe begin te maak nie. Die enigste mens wat van haar planne bewus is, is Lukas Delport, eienaar van Matoli Meadow, ‘n gastehuis op ‘n plaas in die Maclear-distrik waar Maria haar voete as bestuurder gaan vind.

Maar binne minute nadat sy op die plaas aankom, tref die godsverskrikkende wete haar dat al die jare saam met Gerhardus net ‘n leerskool was om haar voor te berei op hierdie dag van ontgogeling. Hier, in ‘n donker kelder, gekatvis deur ‘n gewetenlose bedrieër, is
elke oorlewingsminuut suiwer grasie.

Ná twaalf jaar is die skrywer van Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind en Thula-Thula terug met ‘n nuwe roman. Katvis gaan lesers opnuut onder die indruk bring waarom Annelie Botes ‘n storieverteller sonder gelyke is.