Laaste kans (September 2023, Sagteband, 288 pg) Marita Van Der Vyver

Die opvolger van Wegkomkans – 24 jaar later. Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyddeurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkendeinsig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhoudingtussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.  Lees meer hieronder.

Marita Van Der Vyver

R330.00

Available on back-order

SKU: 9780624094043 NB Categories: , , Tag:

Description

Dis ’n outydse kleurfoto op glanspapier, ’n buigbare, skeurbare, opfrommelbare voorwerp uit ’n era voordat almal hulle herinneringeop slimfone bewaar het. Dit was die laaste keer dat hulle almal saamgekuier het . . .

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaarom Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Een vir een maak diegaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in dieWeskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag vankleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes partylewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde enbetekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kankry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voor haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n voltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos ​Dis koue kos, skat​, ​Die dinge van ‘n kind ​en ​Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.

Ook in Engels beskikbaar – Still Breathing.