Lam ter slagting (September 2023, Malan -en Coetsee-reeks #4, Herdruk, Sagteband, 304 pg) Madelein Rust

Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ‘n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ‘n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hul gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ‘n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ‘n belofte van nog ‘n moord oor drie en dertig dae.  Lees meer hieronder.

Madelein Rust

R290.00

Available on back-order

Description

Wat het ‘n geheime organisasie en ‘n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?
Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ‘n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ‘n reeks is nie.
Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hul gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ‘n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ‘n belofte van nog ‘n moord oor drie en dertig dae.
Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ‘n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?
Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ‘n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ‘n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.

Lam ter slagting is die vierde boek waarin doktor Renata Malan die hoofkarakter is, ‘n profileerder met ‘n donker verlede en ‘n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil, maak van haar ‘n gedugte teenstander en ‘n gehate vyand. Monstersaad, Bloedlyn en Moordhuis was die eerste drie boeke.