Marinda kook met blikkies en pakkies (Feb 2023, Sagteband, 144 pg) Marinda Engelbrecht

Nou beskikbaar.  Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord. Lees meer hieronder, ook foto’s van sommige van die spyskaarte.

Marinda Engelbrecht

R290.00

Available on back-order

Description

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord. In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord. Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik
ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Ooor die skrywer: Marinda is ’n voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie – selfs blikkies en pakkies moet fleurig opgekikker word. Sy is die aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut op VIA, DStv-kanaal 147. Sy en haar man, Johann, woon in Yzerfontein en dit is haar derde boek dié.