Description
Soms kom liefde vermom in laventel.
Hy’t haar leer nee sê. Dat sy meer is as Joshua en Tamara Davel se sagsinnige jongste. Meer as Bergendal se konfytkokertjie, meer as bekwame, inskiklike, minsame Maryn.
Sy wou glo sy is Niel von Wildenstein se droomvrou.
Nou weet sy, sy ís die vrou van sy drome – dié een wie se pa ’n florerende lemoenplaas het.
En dís wat die laventelman wil hê – lemoenblomolie. Nie vir haar nie. En lemoenblomolie is volop op Bergendal.
Hy’t haar bedwelm met sy betowerende olies, sy geurige laventellande, sy sagte hande, sy kerslelie-oë. En oujongmeisie wat sy is, het sy mooitjies binne-in die strik getrap wat die slinkse skarminkel vir haar gespan het.