Met die oog op môre – ‘n versdrama (Sagteband, 96 pg)

Met die oog op môre skets die vriendskap tussen Moshoeshoe en die Franse sendeling Eugène Casalis in Basoetoland in 1837-1855. Dit gaan oor die verhouding tussen swart en wit, en hoe ons moet leer om met mekaar saam te leef.

Antjie Krog

R200.00

Available on back-order

SKU: 9781485311256 Categories: , ,

Description

Die versdrama met die oog op môre gebruik verbeelding om die dinamiese verhouding tussen twee briljante mense te ondersoek: ‘n swart koning en sy wit sendeling. Oor ‘n tydperk van twintig jaar kom Moshoeshoe 1 en Eugène Casalis te staan voor talle uitdagings vir saamwerk en saamleef met die oog op ‘n voorspoedige toekoms. As die koning van vele prysliedere in die neëntiende eeu begin om sy vergaderings af te sluit met die woorde “A re shweleng fatshe la rona” (Laat ons sterf, die grond is ons s’n) word daar ‘n kreet geskep wat weergalm tot vandag toe, maar so ook woorde oor die wysheid van veelheid en verbondenheid.