Met Koffer En Kaart (Afrikaans, Paperback, 168 pg) Helena Gunter

Langs ‘n stormrivier skop ‘n vrou haar hoehak Bally-skoene uit, want sekere situasies moet kaalvoet aangedurf word. ‘n Ander vrou (deur die geliefde versaak) dwaal mymerend in ‘n Klein-Karoo-dorp totdat ‘n naaldekoker haar pad versper. Op ‘n plakkaat In ‘n Londense moltreinstasie vra ‘n wildtuinleeu: “Want to shift your boundaries?” En nooi dan: “Come to Africa.” Die reis lei ook na ‘n buurt waar antie Bybie-hulle dalk nie tuis is nie, want dis All Pay en die kinders het ‘n skroppietjie vir die dag gekry. Daar word oor grense heen verken, en die reisiger staan telkens uitgelewer, want die terrein is ongewoon en die gekoesterde bagasie en bekende roete geld nie. Die verhale – ironies en nie sonder humor nie – kleur komplekse menseverhoudinge met menslikheid en deurleefde kennis in. Knap verweef en terselfdertyd toeganklik.

Helena Gunter

R180.00

Available on back-order

SKU: 9780798152549 Categories: , , ,

Description