Description
Toe die eerste bomme Kijif in Februarie 2021 aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Of so het hy gedink . . . Dié Suid-Afrikaner het vier jaar vroeër na die hoofstad van Oekraïne getrek ná hy verlief geword het op die stad. Hy het besef hier kom moeilikheid toe duisende Russiese troepe op die grens bymekaarkom. Maar vlug was nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? Met my honde vertel van angswekkende nagte terwyl bomme neerreën, van onvoorwaarlike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs in oorlogstyd op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.