Description
Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wêreld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ‘n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan ná al die jare skielik in haar wakker maak, en die liefde vir haar moordenaar-pa.