My naam is Legio (September 2023, Malan -en Coetsee-reeks #5, Herdruk, Sagteband, 304 pg) Madelein Rust

Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van ‘n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, ‘n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel ‘n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens ‘n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.  Lees meer hieronder.

Madelein Rust

R290.00

Available on back-order

Description

Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is?
Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van ‘n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, ‘n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel ‘n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens ‘n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.
Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? In die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan? In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan. Sy word van ‘n donker las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

My naam is Legio volg op Monstersaad, Bloedlyn, Moordhuis en Lam ter slagting met Renata Malan as forensiese sielkundige.