NV Augustus: Die Hormoonfabriek (Afrikaans, Paperback, 254 pg) Saskia Goldschmidt, vertaler Daniel Hugo

Liefde en venyn tussen broers, botsende belange tussen handel en wetenskap, fabrieksmeisies wat met sekshormone volgestop word en testosteroongedrewe base – Die hormoonfabriek is ‘n bloedstollende verhaal, geinspireer deur historiese feite, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad soms vertroebel raak deur die opwinding van wetenskaplike ontdekkings. Die suksesvolle besigheidsman Mordechai de Paauw, Motke vir sy vriende, besef op sy oudag dat hy nie daarin kon slaag om fatsoenlik te lewe nie. In die twintigerjare van die vorige eeu het hy en sy tweelingbroer Aron ‘n asemrowende projek aangepak. Saam met die beroemde farmakoloog Rafael Levine het hulle ‘n bedryf begin waarin die afvalvleis van Motke se vleisfabriek gebruik is vir die ontwikkeling van hormoonpreparate. Die omstandighede aan die begin van die onderneming is nie gunstig nie. Ernstige armoede, misdadigheid en opkomende antisemitisme vorm ‘n giftige mengsel in die Katolieke plattelandse dorpie waar die twee broers woon en werk. Maar Motke de Paauw druk deur; geen prys is vir hom te hoog nie. As ten slotte na die Tweede Wereldoorlog bestek opgeneem word, blyk dit dat niemand ongeskonde uit die stryd gekom het nie.

Saskia Goldschmidt

R260.00

Available on back-order

Description