Description
In Laataandbiegstories en sulke dinge word die leser meegevoer deur onvergeetlike stories wat om die kampvuur lewe kry.
Soms is dit humoristies, soms deernisvol, soms skerp ironies, maar altyd boeiend. Daar word vertel van die nag van die donkie, van Tante wat sag word, van Pollie van die populiere en van die intrinsieke waarde van Victor, die lelike skaaphondkruising.
In Jan Nel se kortverhale herken die leser homself onomwonde; dis juis hoekom mens lag. Die mens, met al sy swakhede, bly tog maar mens, en om te lag is soveel makliker as om jouself te kasty.